Kamille (Chamomile)

Anthemis nobilis

Kamille is bekend daarvoor dat dit kalmerend is. Om dit te gebruik maak jy ’n tee van die gedroogde blomme. Dit het ook ander gebruike, soos byvoorbeeld in potpourri, in badwater en as opknapper vir hare..

Jy kan jou plant begin met ’n steggie. Kamille hou van sanderige grond en ’n sonnige hoekie. Plant dit waar jy die geur kan geniet. Dit is ook waarom baie mense die Anthemis nobilis (Roomse kamille) verkies, vir die sterk geur van die variëteit.

Wanneer die plante klaar geblom het sny jy dit terug tot by die hoofgroei.

Die foto van Roomse kamille is geneem by die Charles Universiteit in Praag.

Lewer kommentaar

Leave a Reply