Uie verg geduld. Dit het ’n lang groeiseisoen en die grond moet nooit uitdroog voor die uie reg is nie.
Gewone uie groei in enige grond, behalwe kleigrond. Maak net seker dit word vlak gesaai en dat hulle koel toestande sal hê die eerste paar maande. Om ’n goeie oes te verseker kan jy mis en kompos bywerk.
Gee die plante geleidelik minder water wanneer die bolle goed ontwikkel is. Jy kan die lowwe na die een kant toe buig om die bolle vinniger te laat droog word.