Barbarea verna
Winterkers is ’n kruid wat laag groei en net so 15 cm hoog word. Dit dra geel blomme vanaf die tweede jaar.
Jy kan die saad enige tyd van die jaar saai. Saai in ryk grond. Dit moet ook nou en dan ’n byvoeging van mis kry. Dit groei in halfskadu of son.
Trek die plante na 2 jaar uit, want dan raak die blare bitter.
