Sutherlandia frutescens

Die kankerbossie kom natuurlik voor in die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Namibië.

Dit is ’n struik wat tot 1,5 m hoog word met silwergroen blare en hangende ertjieblomme in ryk skakerings van rooi. Die blomme verskyn laatwinter tot in die somer.

Hulle groei in normale tuingrond in vol son. Dit groei maklik van saad en al het die plante ’n kort lewe is daar gedurig nuwes aangesien die plante hulself saai.

(foto: Christian Hummert)

Lewer kommentaar

Leave a Reply