Veltheimia capensis’n Bolplant wat inheems is aan die Wes-Kaap. Die boslelie het blink, breë blougroen blare met golwende rante.Die plante hou van skaduplekke onder groot bome met ryk, dreineerbare grond. Die boslelie word tot 400 mm hoog en dra roomgeel of bleekpienk blomme in die lente.
Kategorie Argiewe:Struike
Boslelie
Veltheimia bracteata’n Bolplant wat inheems is aan die Oos-Kaap. Die boslelie het blink, breë blare met golwende rante.Die plante hou van skaduplekke onder groot bome met ryk, dreineerbare grond. Die boslelie word tot 450 mm hoog en dra pienk blomme in die lente.
Kleinkanferfoelieboom / Wildekanferfoelie
Turraea obtusifoliaDie kleinkanferfoelieboom word tot 3 meter hoog en hou van goed dreineerbare grond. Dit het mooi wit blomme wat in die lente verskyn en opgevolg word deur rooi bessies.Die boom kom regoor Suid-Afrika voor en kan ook soos ’n struik gesnoei word.(foto: Bernard Dupont)
Ghaap
Trichocaulon grandeDie ghaap is ’n meerjarige sukkulent wat in Laingsburg voorkom. Dit raak tot 600 mm hoog met knuppelvormige stingels en knoppies.Die blomme is groengeel en verskyn laat in die lente.
Ghaap
Trichocaulon cactiformeDie ghaap is ’n meerjarige sukkulent wat in Namakwaland en Namibië voorkom. Dit raak tot 100 mm hoog met knuppelvormige stingels en knoppies.Die blomme is klein, geel met rooi kolletjies.
Kaapse kanferfoelie / Kaapse kamperfoelie
Tecomaria capensis’n Spreiende klouterstruik met helder oranjerooi blomme wat in die herfs en winter verskyn.Dit groei maklik in enige grond, in vol son of halfskadu.(foto: David J. Stang)
Kankerbossie
Sutherlandia frutescensDie kankerbossie kom natuurlik voor in die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Namibië. Dit is ’n struik wat tot 1,5 m hoog word met silwergroen blare en hangende ertjieblomme in ryk skakerings van rooi. Die blomme verskyn laatwinter tot in die somer.Hulle groei in normale tuingrond in vol son. Dit groei maklik van saad en al …
Wildefloks
Sutera grandifloraWildefloks is ’n houtagtige struik wat natuurlik in Mpumalanga en Swaziland voorkom. Dit word tot 1,25 m hoog, met grysgroen, aromatiese blare en trosse laventelkleurige blomme wat in die herfs en somer verskyn.Gee heelwat water wanneer hulle begin blomme dra. Hulle groei maklik van saad.
Kraanvoëlblom / Paradysvoëlblom
Strelitzia reginaeDie kraanvoëlblom is ’n meerjarige struik wat tot 1,5 meter hoog word en inheems is aan die Oos-Kaap. Hulle groei in vol son of halfskadu en hou van vrugbare grond en baie water.Die oranjeblou blomme is goed bestand teen wind en verskyn vanaf die herfs tot die lente.
Wildepiesang / Wit strelitzia
Strelitzia nicolaiHierdie strelitzia is boomagtig en word tot 6 meter hoog. Hulle is inheems aan die kusstreke van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.Die blomme is skakerings van pers, blou en roomwit en verskyn in die lente.