Kanarieklimop

Senecio tamoidesDie kanarieklimop is ’n welige immergroen plant wat natuurlik voorkom in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.Die plant se geel blomhofies verskyn in die herfs. In die winter sterf die plant terug.Dit het ’n stut nodig. In die natuur groei dit teen bome op. Dit kan egter gesnoei word om ’n struik te vorm.

Skoonma-se-tong

Sansevieria trifasciataSkoonma-se-tong is inheems aan Angola. Hulle verkies goed gedreineerde grond, maar meeste tuingrond sal geskik wees. Steggies groei baie maklik in sandgrond. Moet hulle nie te veel water gee nie.Die plant is basies immergroen, meerjarige blare wat styf en regop groei. Hulle kan tot 1 meter lank word.