Kolsuring

Pelargonium peltatum’n Rankende immergroen plant wat natuurlike voorkom in die Suid- en Oos-Kaap.Die blomme is pienk, ligpers of wit, met pers strepe. Die blomme verskyn in die lente en somer.(foto: Andrew Massyn)

Wildemalva

Pelargonium cucullatumDie meeste pelargoniums is inheems aan Suid-Afrika. Die wildemalva kom natuurlik voor in die Suidwes-Kaap. Ons is geneig om hulle te verwar met malvas, vandaar die naam.Pelargoniums groei maklik in omtrent enige grond, maar verkies effens sanderige grond en vol son. Hulle plant ook maklik voort deur steggies.Die wildemalva word tot 1 meter hoog, …

Bosbruidsbos

Pavetta lanceolata’n Bosbruidsbos is taai, maar moet verkieslik aanvanklik in goeie grond geplant word. Dit hou ook van baie water in die somer. Hulle natuurlike omgewing is die tropiese en subtropiese dele van die Oostelike Provinsie, KwaZulu-Natal en Mpumalanga.Die struik word tot 7 meter hoog. Die wit blomme verskyn in die somer, gevolg deur swart …

Bergbietou

Osteospermum jucundum’n Uitstekende meerjarige dekplant. Die word tot 200 mm hoog en aard in skadu of son.Die blomme is skakerings van pienk tot pers. Die blomme verskyn in die herfs tot laat lente. Die plante groei maklik van steggies en saai hulself.(foto: Dick Culbert)

Klapperbos

Nymania capensisNymania capensis is die enigste soort in hierdie genus. Dit kom voor in die droë dele van die Karoo, Suid-Kaap, Namakwaland en Namibië.Die blomme is skakerings van pienk, rooi en donkerrooi. Nog mooier as die blomme is die opgeblaasde, roospienk, papieragtige vruggies. Die blomme verskyn vanaf Julie en die vrugte vanaf Oktober tot Desember.Die …

Skilpadbessie

Nylandtia spinosaDie immergroen skilpadbessie is inheems in Suid-Afrika. Dit kom voor in die Suidwes-Kaap, Suid-Kaap en Oostelike Provinsie.Dis ’n doringagtige struik wat tot 1 meter hoog word. Die massa klein, pienkpers blommetjies verskyn in die lente. Die kenmerkende rooi bessies verskyn net na die blomme.(foto: Derek Keats)