Nymania capensis
Nymania capensis is die enigste soort in hierdie genus. Dit kom voor in die droë dele van die Karoo, Suid-Kaap, Namakwaland en Namibië.
Die blomme is skakerings van pienk, rooi en donkerrooi. Nog mooier as die blomme is die opgeblaasde, roospienk, papieragtige vruggies. Die blomme verskyn vanaf Julie en die vrugte vanaf Oktober tot Desember.
Die klapperbos hou van grond wat maklik dreineer. Jy kan dit saai, maar dit plant nie maklik oor as dit eers gevestig is nie.

