Die bekende Boer restaurant teater in Durbanville wat, soos meeste ander teaters, tydelik gesluit is
weens die pandemie gaan sy deure heropen op 20 Augustus 2021.


Eienaars Jurgen Human en Margit Meyer-Rödenbeck, wat reeds die afgelope 16 jaar hierdie gewilde
landmerk in die Noordelike voorstede bestuur, sê Covid 19 is soos ‘n brand wat deur die kunste-
gemeenskap woed. “Dis moeilik vir klein teaters soos ons wat geen bystand van die regering kry nie, om
te oorleef, maar ons is vasbeslote om nie deel van die statistiek te word nie.”


Ons begin letterlik van voor af, met ‘n splinternuwe chef, personeel en spyskaart, maar met die
voordeel van 16 jaar se ondervinding en die ondersteuning van ons gemeenskap en al die kunstenaars in
die land. Om ‘n restaurant wat al amper ‘n jaar lank toe is, weer aan die gang te kry, is soos om ‘n “groot
skip om te draai”. Behalwe vir die nuwe personeel, moet ook alle voorraad wat nie verkoop kon word
nie, vervang word en dit beteken ‘n groot aanvanklike uitgawe.


So om die Boer weer “aan die lewe te skop”, gaan die openingskonsert met kunstenaars soos Wicus van
van der Merwe, Dowwe Dolla, Corlea Botha en Francois van Coke gekombineer word met n
fondsinsameling deur die manne van WOES TV, Jaco van Dyk en Hamilton Wessels, wat wêreldwyd
uitgesaai gaan word. Daar gaan ook ‘n paar ander verrassings op die program-Die Boer Ontgrendel
wees.


‘n Maksimun van 50 gelukkige mense sal die openingskonsert kan bywoon en ‘n aand by die Boer teater-
restaurant soos van ouds ervaar. Die res van die land sal die konsert gratis aanlyn kan volg , maar sal ook
lotery-kaartjies kan koop waar groot pryse gewen kan word.


Jurg en Margit is hulle is geweldig dankbaar vir die twee Woes konserte vroeër in die jaar waarby bykans
100 000 mense aanlyn ingeskakel het en wat hulle in staat gestel het om die lang hibernasie periode se
lopende onkostes te dek en broodnodige herstel- en opgraderingswerk te doen.


“Ons is gereed en opgewonde om julle die nuwe Boer te wys! Ons benodig nou net ‘n laaste
“hupstootjie” om al die leë rakke en yskaste weer vol te kry”

DIE BOER RESTAURANT TEATERPROGRAM

20 AUG WOES KONSERT– Live en aanlyn met Wicus vd Merwe, Dowwe Dolla, Corlea,
Francois van Coke
21 AUG ALBERT FROST TRIO
23,24 AUG DAN PATLANSKY
25,26 AUG DANIE DU TOIT (REËNWOLF) met STERREVAL
27 AUG PIETMAN GELDENHUYS
28 AUG GIAN GROEN BAND
31 AUG- 5 SEPT MARC LOTTERING in LOOT
6-9 SEPT ELVIS BLUE- NUWE CD
10-12 SEPT JOHAN LIEBENBERG in DIAMOND & THE STORYTELLERS
15,16 SEPT JAK DE PRIESTER- KAALVOET MONA LISA– R150
17,18 SEPT MARION HOLM in HOLMRUGGERY
19-29 SEPT TOE- SKIET VAN TV REEKS
5-10 OKT SPERTYD met SANDRA PRINSLOO
11-14 OKT DEMI-LEE MOORE
15,16 OKT ALBERT FROST & LOKI ROTHMAN
19 OKT LIZZ MEIRING in KAMERAS, KONSERT EN KLEEDKAMERS
3 NOV EMMA VAN HEYN in SLENTERSLAG NA SHANGHAI
4-6 NOV DAVID KRAMER
10, 11 NOV SCHALK BEZUIDENHOUT
12 NOV KOOS KOMBUIS
13 NOV BARRY HILTON
18,19 NOV ANDRIETTE NORMAN & MARK HAZE
6-8 DES FRANCOIS VAN COKE

Lewer kommentaar

Leave a Reply