Drie honderd en vyftien aande, vasgevang agter ’n vleuelklavier. “Met Slenterslag Na Sjanghai” gaan oor Emma van Heyn se jaarlange ervaring as ’n nuut aangestelde musikant in ’n splinternuwe hotel in die verre noorde van Sjanghai, China.

Op die ouderdom van twee- en- twintig, lê die wêreld voor haar. Haar natuurlike inskiklikheid lei haar op ’n ontdekkingsreis wat niemand ooit sou verwag het nie, Emma inkluis.

Emma van Heyn

Hierdie is nie slegs ’n musiek-show nie, dis ’n progressiewe storievertelling wat aan jou hart sal ruk.

Emma begelei haarself op klavier, sintetiseerders en ander elektroniese elemente wat sy self skep. Daar is ’n perfekte balans van treffers (oud en nuut) en haar oorspronklike musiek waarop sy haar eie, unieke stempel afdruk.

Sy transformeer haar musiek om haar unieke styl te komplimenteer.

https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1502564745

Emma van Heyn

Vervaardig deur Emma van Heyn, regie deur Christine Truter, ontwerp deur Janeske Rademan, tegnies deur Charl van Heyningen.

Die Boer by die Huis: 20 Augustus vanaf 19h00, tot 25 Augustus

Lewer kommentaar

Leave a Reply