Rooistompie

Mimetes cucullatusDie bedreigde rooistompie kom voor in die Suidwes-Kaap en Suid-Kaap.Die struik word tot 1,5 meter hoog, met helderrooi, geel en wit bloeiwyses wat hoofsaaklik van die middel van die winter tot in die vroeë somer voorkom.

Vaalstompie

Mimetes argenteusDie vaalstompie is ’n bedreigde struik wat in die berge in die Suidwes-Kaap voorkom.Die struik word tot 1,5 meter hoog en dra pastelkleurige bloeiwyses in skakerings van pienk, ligpers en silwer in die herfs.(foto: Nick Helme)

Blombos

Metalasia muricataHierdie inheemse immergroen struik kom wydverspreid voor in Suid-Afrika. Terwyl dit ’n struik is kan die blombos tog boomagtig groei. Dit word tot 4 meter hoog.Die blare is dofgroen en naaldvormig, maar soms wollerig en grys.Die heuninggeurige blomme kan dwarsdeur die jaar voorkom, afhangende van die omgewing. Hulle is meesal wit of wit met …

Galjoenblom

Lobelia validaDie eenjarige kruidagtige struik vereis baie water. Die plantjie aard goed in halfskadu of volson.Dit is ’n klein struikie wat net tot 300 mm hoog raak. Hulle blom in die somer.Die plantjie kom natuurlik voor in die Suid-Kaap.(foto: Andrew Massyn, 2011)

Geelklokkie

Littonia modestaDie geelklokkie kom voor in die somerreënvalgebiede van Suid-Afrika. Dit is ’n rankplant met slap stingels wat die blare gebruik om te klim. Dit rank tot 2 meter hoog.Die blomme is goudgeel tot oranje, ongeveer 30 mm lank en verskyn in die somer.Die plant groei geredelik maklik in enige toestande, van halfskadu tot vol …