Vuurpyl

Kniphofia praecoxHierdie wortelstok-meerjarige plante verkies vrugbare, dreineerbare grond en baie water.Die blomme word in vuurpylagtige trosse aan lang, stewige bloeistele gedra. Die blomknoppe is aanvanklik oranje maar raak geel as hulle oopgaan.Die blare is bandvormig en ietwat grasagtig.Vuurpyle kom algemeen voor in die Suidwes-Kaap.

Spookplant

Kalanchoe waldheimiiDie spookplant groei natuurlik in Suid-Afrika en Madagaskar. As jy hulle buite wil plant moet jy verkieslik in ’n rypvrye area woon. Anders plant jy hulle in ’n pot. Hulle vaar goed op stoepe en warm beskutte patio’s. Dit plant maklik voort deur steggies.Die plant het blougroen blare en hangende oranjerooi blomme.

Vleisalie

Iboza ripariaDie vleisalie groei maklik van steggies en word tot 2 meter of hoër. Die blomme is ligpers of wit en verskyn in die winter en lente. Die blomme word in groot pluime aan kaal takke gedra. Snoei die struik deeglik na blomtyd.Dit is ’n aanpasbare plant wat in omtrent enige omstandighede groei.

Seeroogblommetjie

Hypoestes aristataDie seeroogblommetjie is ’n immergroen, half-bladwisselende struik wat halfskadu verkies bo vol son. Dit word tot 1,5 meter hoog en dra ligpers gestreepte blommetjies.Die seeroogblommetjie groei maklik en verg min aandag. Nadat dit geblom het in die winter moet jy dit egter knip, of wanneer dit houtagtig raak.

Kerriebos

Hypericum revolutum / Hypericum lanceolatumDie kerriebos groei maklik en is redelik rypbestand. Dit maak ’n groot bos en word tot 3 meter hoog. Na ’n reënbui versprei die blare ’n kerriegeur. Die aanskoulike blomme is goudkleurig en verskyn in die lente.Die kerriebos kom natuurlik voor in Suidelike Afrika.(foto: Alastair Rae)

Bottelpalm

Hyophorbe lagenicaulis / Mascarena lagenicaulisDaar is vyf soorte in die genus palms wat in Madagaskar en omliggende eilande voorkom. Die bottelpalm kom net in Mauritius voor.Hulle is net geskik om buite te staan in warm areas. Die stamme is geswolle aan die basis en loop spits na bo waar die groot, stewige, geboë blare gedra …