Gardenia thunbergii’n Immergroen boom wat tot 5 meter hoog groei. Dit kan ook as struik geplant word. In die somer dra dit sneeuwit pieringagtige blomme.
Kategorie Argiewe:Struike
Mauritiusvlas
Furcraea foetidaDie Mauritiusvlas is stamloos. Die swaardvormige blare word tot 2,5 meter lank en is in rosette gerangskik. Die blom se bloeiwyse word tot 7 meter hoog.Die Mauritiusvlas kom natuurlik voor in Mauritius en op St. Helena.(foto: H Zell)
Heuningklokkiesbos
Freylinia lanceolataDie heuningklokkiesbos word tot 5 m hoog. Die struik het wilgeagtige blare en hangende hofies roomgoud blomme met ’n sterk heuninggeur. Die blomme verskyn gewoonlik in die lente.Die plant is inheems aan die Suidwes- en Suid-Kaap.(foto: David Jones)
Spinnekopblom
Ferraria crispa VAR. crispaDie spinnekopblom is ’n knolplant met stewige stingels. Die onderste blare is ferm en smal. Die fraiingagtige blomdele ihet gekartelde rande. Hulle wil in vol son staan en in grond wat maklik dreineer.Die plantjie kom natuurlik voor in Stilbaai in die Suid-Kaap.
Babatoontjies
Fenestraria rhopalophylla Babatoontjies kom voor in Namibië. Dit is ’n sukkulent wat net 40 mm hoog raak. Die blare is grysgroen. Die wit blomme verskyn in die winter. Elke blaarpunt van hierdie genus het ’n deurskynende kol. Wanneer die plant amper in die sand begrawe is laat die kolle genoeg sonlig deur na die chlorofilhoudende …
Vensterplant
Fenestraria aurantiaca’n Sukkulent wat net 50 mm hoog raak. Die plantjie vorm plat kussinkies wat tot 100 mm in deursnee is.Die blare is grysgroen. Die goudgeel blomme verskyn in die somer.Die plantjie kom voor in die omgewing van Port Nolloth.Elke blaarpunt van hierdie genus het ’n deurskynende kol. Wanneer die plant amper in die sand …
Bloumagriet
Felicia amelloides Die bloumagriet kom wyd voor in die Wes-Kaap. Dit is ’n bosagtige struik wat tot ’n meter hoog en wyd word. Dit groei goed in son of halfskadu. Die blomme is blou met geel helms. Dit word dwarsdeur die jaar gedra, maar is veral welig in die lente. Die bloumagriet plant maklik voort …
Tierbekvygie
Faucaria felinaDie plante is amper stamloos en die blaarrande is prominent getand.Die tierbekvygie se geel vygieblomme verskyn in die lente.
Heuningmagriet
Euryops virgineus’n Immergroen struik wat in die Suid-Kaap en Oostelike Privinsie voorkom.Dit dra geel heuninggeurige blomme in die winter en lente.
Grootharpuisbos
Euryops tenuissimus’n Immergroen struik wat in die Suidwes-Kaap en Namakwaland voorkom.Dit dra geel blomme in die winter en lente. (foto: Alexey Yakovlev)
