Erica vestitaTrilheide is ’n kompakte struikie met buisvormige blommetjies in skakerings van rooi, wit en pienk. Die blomme verskyn in die vroeë lente en middel van die winter. Die plantjie groei baie maklik en word tot ’n meter hoog. Dit kom natuurlik voor in die Suid- en Suidwes-Kaap.
Kategorie Argiewe:Struike
Elimsheide
Erica regia’n Mooi regop struik wat tot 2 meter hoog kan staan. Dit dra buisvormige blomme wat tto 18 mm lank word. Dit wissel van kleur met kombinasies van rooi, wit en pers. Die blomme verskyn in die lente.Elimsheide kom natuurlik voor in die Suid-Kaap.(foto: Derek Keats)
Mielieheide
Erica patersoniaDie mielieheide is een van die verskeie heidesoorte wat in die Suidwes-Kaap voorkom.Die blare is heldergroen en die digte, gegroepeerde geel blommetjies vertoon soos ’n mieliekop – vandaar die naam.(foto: Andrew Massyn)
Trompetheide
Erica jasminifloraOm die trompetheide in die natuur te sien sal jy moet gaan soek in die Shaw-pas in die Suidwes-Kaap. Die beste tyd is vroeg somer, wanneer dit blom.Dit het die tipiese naaldvormige blare van heide en is ’n immergroen plant.
Rooihaartjie
Erica cerinthoidesHierdie struikie kom wyd voor oor Suid-Afrika. Dit kan tot 1,8 meter hoog word.Die naam verwys na die wollerige, buisvormige blomme in skakerings van rooi, maar dit kan soms ook wit wees of in ’n skakering.(foto: Andrew Massyn)
Lanternheide
Erica blennaLanternheide is ’n regop struikie wat tot 1,3 meter hoog staan en maklik groei. Dit kom voor in die Suid-Kaap.Die lanternvormige blommetjies is helderoranje met groen punte en verskyn hoofsaaklik in die lente.
Albertiniaheide / Bruidsheide
Erica baueraDaar is meer as 600 heidesoorte in die Suidwes-Kaap. Die Albertiniaheide kom net voor in die Suid-Kaap.Hierdie immergroen struike het naaldvormige blare met buisvormige pienk of wit blommetjies wat dwarsdeur die jaar gedra word.Die plante verkies sanderige grond wat goed dreineer met ’n byvoeging van kompos – sonder kraalmis, tensy dit saam met die …
Oos-Kaapse broodboom
Encephalartos altensteiniiSoos die naam voorstel kom die Oos-Kaapse broodboom voor vanaf Oos-Londen tot by die grens van KwaZulu-Natal. Daar is afsonderlike manlike en vroulike plante. Dit is een van Suid-Afrika se 28 soorte sikadeë wat streng beskerm word. Die struik of boom wat tot 7 meter hoog kan word. Dit het groot stywe, saamgestelde blare …
Pistoolbos
Duvernoia adhatodoidesDie pistoolbos kom voor in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Dit word tot 3 meter hoog en het wit blomme wat baie lekker ruik.Die naam kom van die knalgeluid waarmee die ryp vrugte oopbars om die sade weg te skiet van die moederplant.Blomme van ‘n pistoolbos in Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin (foto: C. Chen)
Pienkdombeya
Dombeya burgessiae’n Groot bosagtige struik wat ook as ’n klein boompie gesnoei kan word. Dit word tot 4 meter hoog.Die blare is groot en die blomme donker tot ligpienk of wit en word in groot ronde hofies gedra. Die blomme verskyn in die herfs en vroeë winter.
