Ná sowat 200 jaar is ‘n verdwene erikaspesie in 2007 naby Napier in die Overberg herontdek.
Kategorie Argiewe:Struike
Boegoe
Diosma ericoides’n Bosagtige, klein struikie wat sowat 600 mm hoog word. Dit is inheems in die Suidwes-Kaap.In die lente dra die plant klein, wit blommetjies, deurspoel met pienk en met die bekende geur van boegoe.
Raad met rankplante
Die belangrikheid van rankpplante moet nie onderskat word nie. Dit gee vertikale lyne in jou tuin, verskaf kleur van onder na bo en gee skaduwee daar waar dit benodig word.
Perdebos
Didelta spinosaDie perdebos is ’n regop struik wat tot 2 meter hoog word. Die struik groei wild in die Namakwaland.Die blare is heldergroen en tot 70 mm lank.Die blomme wissel van geel tot oranje en is tot 70 mm in deursnee. Die blomme verskyn in die vroeë lente. (foto: Winfried Bruenken)
Kannabas / Pomponboom
Dais cotinifoliaDie kannabas is ’n baie mooi struik of boom. As boom kan hulle tot 13 meter hoog raak.In die lente is die plant oortrek met pienk tot ligpers blommetjies wat baie lekker ruik, veral na sononder.Die boom kom voor in KwaZulu-Natal en verder noord.
Rankplante
Willie Schmidt gee raad oor die plant en onderhouding van rankplante.
Huisvaring
Cyrtomium falcatumDie huisvaring is een van vele tropiese varings wat wyd oor Suid-Afrika voorkom. Die plant het stewige, regop, blink, donkergroen blare. Dit is ’n baie gewilde huisplant, maar kan in warm streke ook buite gekweek word.(foto: Stan Shebs)
Heuningtee
Cyclopia genistoidesHeuningtee is ’n inheemse, immergroen struik wat in die Suidwes-Kaap voorkom. Die plant word tto 1 meter hoog en het naaldvormige blare met klein geel ertjieblomme.Die stingels, blare en blomme word gedroog en dan gebruik om ’n aromatiese tee te maak; vandaar die naam.In die Suidwes-Kaap kom dit gewoonlik voor naby riviere. Dit blom …
Die Kaapse klapperpeul
Crotalaria capensisDie Kaapse klapperpeul is ’n meerjarige struik of boompie wat hou van die warmer dele van die Suid-Afrikaanse kus. Dit kom voor vanaf die Suid-Kaap tot by Mosambiek. Hulle is nogal gewild oor hulle sierlike heldergeel blommetjies.Die genus se naam, Crotalaria, is afgelei van die Grieks vir kastanjet, krotalon. Dit wys na die manier …
