Cyclopia genistoides
Heuningtee is ’n inheemse, immergroen struik wat in die Suidwes-Kaap voorkom. Die plant word tto 1 meter hoog en het naaldvormige blare met klein geel ertjieblomme.
Die stingels, blare en blomme word gedroog en dan gebruik om ’n aromatiese tee te maak; vandaar die naam.
In die Suidwes-Kaap kom dit gewoonlik voor naby riviere. Dit blom vanaf die laatwinter, dwarsdeur die lente tot in die middel van die somer.
(foto: Graeme Pienaar)

