Crotalaria capensis
Die Kaapse klapperpeul is ’n meerjarige struik of boompie wat hou van die warmer dele van die Suid-Afrikaanse kus. Dit kom voor vanaf die Suid-Kaap tot by Mosambiek. Hulle is nogal gewild oor hulle sierlike heldergeel blommetjies.
Die genus se naam, Crotalaria, is afgelei van die Grieks vir kastanjet, krotalon. Dit wys na die manier waarop die sade in die droë peule ratel.
Die plant groei baie vinnig en kan tot 3 meter hoog word.