Trapsoetjies oor die grens

By die Vioolsdrif-grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië stop die doeanebeamptes ’n omie op sy fiets met twee sakke daaraan vasgebind. Dit lyk vreeslik verdag.

Die beamptes herken oom Piet. Hy woon ook daar op Vioolsdrif.

“Wat is in die sakke oom?” vra die een beampte.
“Sand” antwoord oom Piet.
Die beamptes haal die sakke af en ondersoek dit. Daar is net sand in. “Die oom is ook nie lekker nie.” sê die een terwyl oom Piet sy sand Namibië toe vat.

So gaan dit heeljaar. Oom Piet suiker elke dag deur die grenspos met sy twee sakke sand. Elke ondersoek lewer net nóg sand op. Tot die dag wat oom Piet nie meer kom nie.

Paar weke later drink die beamptes oom Piet raak in die plaaslike kroeg.
“Kom nou oom,” sê die een beampte, “vertel ons wat het oom gesmokkel.”
“Fietse” antwoord oom Piet droog.

Ou oom op fiets
Trapsoetjies

Lewer kommentaar

Leave a Reply