Huilboerboon

Schotia brachypetalaIn die boom se natuurlike omgewing in KwaZulu-Natal en die noordelike dele van Suid-Afrika word dit tot 15 meter hoog. Die huilboerboon is goed bestand teen ryp.Die naam kom van die nektar wat uit die karmosynrooi blomme drup. Die blomme verskyn in die lente.(foto: Philip Nel)

Spekboom

Portulacaria afraDie spekboom groei wild in die droë dele van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo.Dit raak ’n groot immergroen struik wat tot 4 meter hoog kan groei. Dit het klein, ronde, vlesige blare wat op rooi stingels gedra word. Klein pienk blommetjies verskyn in digte skerms in die somer. Voortplanting is deur steggies.(foto: Juan …