Oldenburgia arbusculaDie bastersuikerbos is ’n struik, maar kan ook gesnoei word tot ’n boom. Dit word ongeveer 3 meter hoog.Die struik het grys stingels, groen blare en dra pers blomme. Die blomme verskyn in die lente.Die plant verkies vol son en dreineerbare grond.
Kategorie Argiewe:Bome
Silwerboom
Leucadendron argenteum’n Immergroen boom wat tot 5 meter hoog raak. Die silwergrys blare is oortrek met fyn, silwerkleurige hare. Dit verleen die boom se silwerkleur.Hulle natuurlike habitat is die berge van die Suidwes-Kaap. In ’n tuin benodig hulle goeie dreinering en voortdurende lugbeweging.
Wilde-fuchsia
Halleria elliptica’n Klein immergroen struik/boom wat natuurlik voorkom in die Suidwes-Kaap. Hulle is droogtebestand en groei in enige grond.Die oranjerooi blomme verskyn in die herfs. (foto: Jon Richfield)
Natalse baakhout / Natalse bottelborsel
Greyia sutherlandiiDie genus is vernoem na Sir George Grey, bekende goewerneur aan die Kaap in die neëntiende eeu. Dit kan as struik of boom geplant word. Hulle groei baie vinnig.Die Natalse baakhout word tot 7 meter hoog. Die rooi blomme verskyn in die lente.
Transvaalse baakhout / Transvaalse bottelborsel
Greyia radlkoferiDie genus is vernoem na Sir George Grey, bekende goewerneur aan die Kaap in die neëntiende eeu. Dit kan as struik of boom geplant word.Die Transvaalse baakhout word tot 5 meter hoog en in die winter en lente dra dit skarlakenrooi blomme.
Kruisbessie
Grewia occidentalisDie kruisbessie kom wyd voor in Suid-Afrika, behalwe die Noord-Kaap. Die kan geplant word as struik of klein boompie.Dit dra stervormige blomme in skakerings van pienk en ligpers.Die plant groei maklik in halfskadu.
Wildekatjiepiering
Gardenia thunbergii’n Immergroen boom wat tot 5 meter hoog groei. Dit kan ook as struik geplant word. In die somer dra dit sneeuwit pieringagtige blomme.
Natal-katjiepiering
Gardenia cornutaDie Natal-katjiepiering is ’n boom wat tot 5 meter hoog kan word. Dit het blink liggroen blare wat in groepies aan die punte van takkies gedra word.Die wit blomme verskyn in die lente en vergeel later. Dit dra ’n ovaal/ovale vrug wat geel raak wanneer dit ryp is. (foto: Jesús Cabrera)
Heuningklokkiesbos
Freylinia lanceolataDie heuningklokkiesbos word tot 5 m hoog. Die struik het wilgeagtige blare en hangende hofies roomgoud blomme met ’n sterk heuninggeur. Die blomme verskyn gewoonlik in die lente.Die plant is inheems aan die Suidwes- en Suid-Kaap.(foto: David Jones)
Gewone wildevy
Ficus natalensis’n Immergroen skaduboom wat maklik in meeste tuine sal groei. Hulle kom natuurlik voor in Mpumalanga, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.Die klein vruggies word gedra vanaf Julie tot Januarie.
