Greyia radlkoferi
Die genus is vernoem na Sir George Grey, bekende goewerneur aan die Kaap in die neëntiende eeu. Dit kan as struik of boom geplant word.
Die Transvaalse baakhout word tot 5 meter hoog en in die winter en lente dra dit skarlakenrooi blomme.