Leucadendron argenteum
’n Immergroen boom wat tot 5 meter hoog raak. Die silwergrys blare is oortrek met fyn, silwerkleurige hare. Dit verleen die boom se silwerkleur.
Hulle natuurlike habitat is die berge van die Suidwes-Kaap. In ’n tuin benodig hulle goeie dreinering en voortdurende lugbeweging.