Portulacaria afra
Die spekboom groei wild in die droë dele van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo.
Dit raak ’n groot immergroen struik wat tot 4 meter hoog kan groei. Dit het klein, ronde, vlesige blare wat op rooi stingels gedra word. Klein pienk blommetjies verskyn in digte skerms in die somer. Voortplanting is deur steggies.
(foto: Juan Ignacio)