Crassula ovataDie plakkie is ’n groot, ronde bos, tot 2 meter hoog of selfs hoër. Dit het ’n digte loof van vlesige blare wat in rosette gedra word.Die plakkie blom in die winter en is dan oortrek van ligpienk stervormige blommetjies. Die blomseisoen kan wissel afhangende van die klimaat van die area.Die plakkie kom natuurlik …
Kategorie Argiewe:Struike
Varkoorplakkie
Cotyledon orbiculataDie grootte van die plante varieer baie, maar hulle is gewoonlik groot genoeg om ’n struik te wees. Die blare is gewoonlik grysgroen met ’n blink rooi rant.Die klokvormige blomme is oranje, pienk of rooi en verskyn in die somer in trosse aan bloeistele.Plakkies word maklik deur stingel- of blaarsteggies voortgeplant en hulle het …
Konfettibos
Coleonema pulchrumDie konfettibos is familie van klipboegoe. Dit is ook inheems aan die Suidwes-Kaap. Dié bosagtige struik is immergroen met pienk, strooiselagtige blommetjies. Die blomme verskyn in die winter en lente.’n Konfettibos word tot 1,2 meter hoog.
Klipboegoe
Coleonema albumDié familie van struike is almal inheems in die Suidwes-Kaap. Die naby die kus is bestand teen wind, maar vereis volle son om behoorlik te blom. Hulle is immergroen met aromatiese, heideagtige blare en klein wit blommetjies. Die blomme verskyn in die winter en lente.Klipboegoe word tot 1 meter hoog.Coleonema aspalathoides is omtrent net …
Orgideë-manne
Corne Pretorius en André Beaurain wat ‘n gewilde kwekery op Riebeeck-Wes besit. Hulle versamel inheemse plante en is ook betrokke by bewaring.
Tontelhout / Stinkboom / Bitterblaar / White cat’s whiskers
Clerodendrum glabrumDie white cat’s whiskers kom oraloor Suid-Afrika voor en verder noordwaarts in Afrika, maar dink jy nou ons weet wat is die Afrikaanse naam daarvoor. As jy dalk weet, deel dit asseblief met ons in die kommentaar hieronder.Dit kan as ’n struik of boompie gevorm word en word tot 10 meter hoog.Die plant dra …
Lees meer “Tontelhout / Stinkboom / Bitterblaar / White cat’s whiskers”
Boetabessie
Chrysanthemoides monilifera’n Immergroen struik wat heldergeel madeliefieblomme in die winter en lente dra. Na die blomme verskyn daar eetbare perskleurige bessies.Hierdie struike groei vinnig en is droogte- en windbestand. ’n Goeie struik om langs die kus te gebruik.
Dekriet / Dakriet / Olifantsriet
Chondropetalum tectorumDekriet behoort aan ’n genus wat in polle groei uit ondergrondse wortelstokke. Dit is inheems aan die Suidwes-Kaap en die stingels word as dekriette gebruik.Die plant se stele dra bruin bloeiwyses in die herfs.(foto: Andrew Massyn)
Blinkblaar-wag-‘n-bietjie / Katdoring / Buffelsdoring
Ziziphus mucronataDie blinkblaar-wag-‘n-bietjie is ’n mediumgrootte boom wat onreëlmatig bladwisselend is. Normaalweg lyk dit soos ’n struik, maar dit kan tot 9 meter hoog raak. Dit groeie maklik van saad in enige grond, hoewel dit baie stadig groei.Die wag-‘n-bietjie in die naam verwys na die dubbele sterk kort dorings aan die basis van elkeen van …
Lees meer “Blinkblaar-wag-‘n-bietjie / Katdoring / Buffelsdoring”
Grondboontjiebotterkassia
Cassia didymobotryaHierdie spoggerige struike groei redelik vinnig en is rypbestand. Dit word tot 3 meter hoog en is immergroen, hoewel dit halfbladwisselend raak in die kouer dele van Suid-Afrika. Dit kom natuurlik voor in die tropiese dele van Kwa-Zoeloe Natal.Die are met geel blomme spruit en donkerbruin blomknoppe en ruik soos grondboontjiebotter – vandaar die …
