Varkoorplakkie

Cotyledon orbiculata

Die grootte van die plante varieer baie, maar hulle is gewoonlik groot genoeg om ’n struik te wees. Die blare is gewoonlik grysgroen met ’n blink rooi rant.

Die klokvormige blomme is oranje, pienk of rooi en verskyn in die somer in trosse aan bloeistele.

Plakkies word maklik deur stingel- of blaarsteggies voortgeplant en hulle het min water nodig. Sorg egter dat die dreinering goed is.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply