Brachycarpaea juncea Bergriet is ‘n meerjarige struik wat natuurlik voorkom in die Suidwes- en Suid-Kaap. In die lente kan jy dit maklik uitken aan die massa pers, pienk, blou of wit blomme wat die plant oordek. Dit word sowat 1 meter hoog en hou van grond van goed dreineer.
Kategorie Argiewe:Struike
Kolkol / Vleiknopbos
Berzelia lanuginosaDie kolkol is ‘n struik wat in die Suid- en Wes-Kaap voorkom en sowat 2 meter hoog word. Dit het fyn naaldvormige blare en dra roomwit tot geel pomponblomme aan die punte van digte are. Die plant blom in die lente en somer.Die plant staan gewoonlik in nat areas, maar as dit genoeg water …
Vlam-van-die-Vlakte / Trots-van-De Kaap
Bauhinia galpiniiDie trots-van-De Kaap kom glad nie in die Kaap voor nie, maar groei wydverspreid in die tropiese gebiede in die noorde van Suid-Afrika en KwaZulu-Natal.Die struik groei vinnig en in alle rigtings. Soms lyk dit soos ‘n klein boompie. Dit word tot 3,5 m hoog.Die massas orgidee-agtige blomme verskyn in die somer tot herfs. …
Tuinkalender vir Junie
GroenteVerwyder enige onkruid wat opkom. VrugteHierdie maand begin die sitrusvrugte ryp word.As daar peerslakkies in jou vrugtebome is, werk die grond onder die boom liggies om.Bespuiting van vrugtebome kan begin. Bome met dopluis moet drie keer bespuit word.Daar kan begin word met die snoei van sekere vrugtebome.Plant bome met ontblote wortels, wingerd en bessies.
Bosviooltjie
Barleria obtusa Die bosviooltjie is ‘n klein kruidagtige struik wat omtrent ‘n meter hoog en ‘n meter breed word. Die struik is gewild vir die massa blou blomme wat dit in die herfs dra. Die plantjie is inheems aan Suid-Afrika en kom natuurlik voor in die subtropiese dele van die land. (foto JMK)
Kouterbos / Klaaslouwbossie / Kouterbossie
Athanasia crithmifoliaAthanasia parvifloraHierdie sterk aromatiese inheemse struike kom in die Suidwes-Kaap voor.Athanasia crithmifolia word net 1 meter hoog, maar Athanasia parviflora word tot 3 meter hoog. Beide dra geel blomme wat in die lente verskyn.Die plant vertak, daarom is dit beter om hulle in groepe te plant. Plant die struike in vol son.
Asparagusvaring / Jakkalsasparagus / Katstert / Smaragvaring / Mandjie-asparagus
Asparagus aethiopicus Asparagus densiflorus Asparagus aethiopicus kom natuurlik in die Wes-Kaap voor, terwyl Asparagus densiflorus en sy variasies in KwaZulu-Natal voorkom. Dit is immergroen meerjarige plante. Nie regtig varings nie, maar die voorkoms flous mens maklik. Hulle groei maklik in halfskadu en in volle son. Asparagus aethiopicus is ‘n struik wat uitsprei na buite en …
Lees meer “Asparagusvaring / Jakkalsasparagus / Katstert / Smaragvaring / Mandjie-asparagus”
Wildekatoen / Wildekapok / Melkbos
Asclepias physocarpaNet soos Asclepias fruticosa, word Asclepias physocarpa ook melkbos genoem. Jy kan die verskil sien in die blare en vrugte. Fruticosa se blare is liggroen en die vrugte ovaal. Physocarpa se blare is donkerder en die vrugte rond.Laasgenoemde se vrugte is ook oortrek van die stekels en die struik word ook sowat 2 meter …
Tuinkalender vir Januarie
BlommeSny jou grasperk 2 keer in Januarie. Om dit te beskerm teen die hitte moet jou grassnyer op die hoogste verstelling wees.Gee die grasperk 30 g kunsmis per m². Maak goed nat daarna.Gee jou blomtuin ‘n goeie deklaag om verdamping teen te werk.Behandel jou grasperk teen ruspes.’n Somersnoei sal die blomtyd van jou rose verleng.Gee …
Melkbos / Gansies
Asclepias fruticosaSommige mense beskou die tipe plante as onkruid. Hulle dra egter mooi vrugte wat in blomrangskikkings gebruik word. Mense noem die struik gansies na aanleiding van die blomme wat soos klein swaantjies lyk.Melkbos is ‘n meerjarige struik wat tot 2 m hoog word en oraloor Suidelike Afrika voorkom. Die “gansies” is liggroen en oortrek …
