Asclepias physocarpa
Net soos Asclepias fruticosa, word Asclepias physocarpa ook melkbos genoem. Jy kan die verskil sien in die blare en vrugte. Fruticosa se blare is liggroen en die vrugte ovaal. Physocarpa se blare is donkerder en die vrugte rond.
Laasgenoemde se vrugte is ook oortrek van die stekels en die struik word ook sowat 2 meter hoog. Hulle is inheems en kom klaar met baie min water.
(foto Kenpei)

