Berzelia lanuginosa
Die kolkol is ‘n struik wat in die Suid- en Wes-Kaap voorkom en sowat 2 meter hoog word. Dit het fyn naaldvormige blare en dra roomwit tot geel pomponblomme aan die punte van digte are. Die plant blom in die lente en somer.
Die plant staan gewoonlik in nat areas, maar as dit genoeg water kry hoef dit nie naby water geplant te word nie. Behalwe baie water wil die plant ook in vol son staan.