Vlam-van-die-Vlakte / Trots-van-De Kaap

Bauhinia galpinii

Die trots-van-De Kaap kom glad nie in die Kaap voor nie, maar groei wydverspreid in die tropiese gebiede in die noorde van Suid-Afrika en KwaZulu-Natal.

Die struik groei vinnig en in alle rigtings. Soms lyk dit soos ‘n klein boompie. Dit word tot 3,5 m hoog.

Die massas orgidee-agtige blomme verskyn in die somer tot herfs. Die kleur wissel van pienk tot rooi.

Die plant sal in meeste tuine aanpas, behalwe in uiterste hitte en koue.

Lewer kommentaar

Leave a Reply