Blomme
- Sny jou grasperk 2 keer in Januarie. Om dit te beskerm teen die hitte moet jou grassnyer op die hoogste verstelling wees.
- Gee die grasperk 30 g kunsmis per m². Maak goed nat daarna.
- Gee jou blomtuin ‘n goeie deklaag om verdamping teen te werk.
- Behandel jou grasperk teen ruspes.
- ‘n Somersnoei sal die blomtyd van jou rose verleng.
- Gee elke roos 60 g kunsmis en blaarvoeding 2 weke later.
Groente
- Gee jou groente ‘n deklaag kompos.
- Saai beet, blomkool, bone, kropslaai, radyse, rape en spruitkool.
- Verwyder onkruid uit jou groentetuin.
- Moenie in droë weer in jou groentetuin werk of die grond versteur nie.
Vrugte
- Gee bemesting vir vrugtebome indien jy oes.
- Tel vrugte wat afgeval het op, week dit in water waarby ‘n insekdoder gevoeg is en begrawe dit.
