Wat is fetisjisme?

“Hi daar,
na aanleiding van een van die rubrieke wat ek gelees het oor fetisjisme in afrikaans op iafrica wil ek die volgende met jou deel. Ek is mal oor fyn mooi vroulike voette. Ek word net styf as ek dit sien en wil dan my tril tussen dit hê. My meisie het my al “footjobs” gegee en dan kom ek oor haar voete. Ek wil weet of dit darem normaal is om so ´n prikkeling te kry vir meisies se mooi voette?
Hoop om n reply spoedigte ontvang.”
– Feetlover

Ben:
Daar word gepraat van fetisjisme wanneer iemand oor ´n lang periode seksueel geprikkel EN bevredig word deur lewelose objekte.
Die abnormale gedrag kom meesal by mans voor en die objekte kan so te sê enige vorm aanneem. Vroueonderklere is baie gewild. Ander gewilde objekte is skoene, hare, ore en voete.
Oor die algemeen word dit nie as ´n ernstige probleem beskou nie, omdat dit relatief min nadele inhou. Dat mag egter probleme veroorsaak binne ´n verhouding.
Fetisjisme word min openbaar gemaak. Daar is dus weinig psigoloë en psigiaters wat dit behandel. Indien jy voel jy het so ´n probleem moet jy navraag doen oor ´n kenner wat ´n diagnose kan doen.

Lewer kommentaar

Leave a Reply