Melkbos / Gansies

Asclepias fruticosa

Sommige mense beskou die tipe plante as onkruid. Hulle dra egter mooi vrugte wat in blomrangskikkings gebruik word. Mense noem die struik gansies na aanleiding van die blomme wat soos klein swaantjies lyk.

Melkbos is ‘n meerjarige struik wat tot 2 m hoog word en oraloor Suidelike Afrika voorkom. Die “gansies” is liggroen en oortrek met lang stekels. Hulle verskyn in die herfs.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply