Om die as te strooi van ’n vriendin wat lank vooraf geweet het sy gaan doodgaan, is nie speletjies nie. Janine het gans te veel tyd gehad vir plannetjies maak en leidrade wegsteek vir hierdie laaste avontuur wat sy in as-vorm meemaak. Haar vier mede-avonturiers moet in ’n begraafplaas ronddrentel, die misterieuse Miskloof soek en teen kloktorings opklouter, om nie te praat nie van ’n vark met die naam Daisy wat dink die pad behoort aan haar. Die vier is mín lus.
Maar wat nie doodmaak nie, maak sterk. Vir dié vier vroue wat bittermin ooghare het vir mekaar, is die swaarste taak om agter mekaar se toe deure in te loer – daar waar alles beslis nié blink nie.
Einde ten laaste vind Sonja, Madie, Gerda en Karien egter dat dit makliker was om moeilik te wees vóór hul pienk Volksie se wiele uit die Kaap gerol het.
♦♦♦

Alles wat blink / deur Melissa Scharneck — Queillerie, 20 Julie 2012. — sagteband. — ISBN 9780795800368 :
Koop / Buy Alles wat blink >> (sagteband)
Koop / Buy Alles wat blink >> (ePub formaat / DRM)
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Alles wat blink, Melissa Scharneck

