Skoonma-se-tongDraakboomPalms
Kategorie Argiewe:Struike
Grootnoem-noem / Natalpruim / Amatungulu
Carissa macrocarpaIndien jy soek na ’n struik wat kan help met die sekuriteit van jou eiendom, dan is die natalpruim ’n geskikte kandidaat. Dié doringstruik met blinkgroen blare word tot 3 meter hoog en sy reuse- dorings maak dit moeilik om deur die struik te kruip. Boonop dra die struik mooi wit blomme, gevolg deur …
Noem-noem
Die noem-noem is ’n inheemse immergroen struik van Suid-Afrika met blink blare en stervormige wit blomme. Die blomme word gevolg deur eetbare skarlaken vrugte. Die blomme en vrugte verskyn in die lente en dra tot in die somer. Hulle is redelik droogtebestand, maar vertoon mooier met gereelde water.Die noem-noem is ’n baie handige struik. Hulle …
Wildegeelkeur / Geelkeurboom / Natal laburnum
Calpurnia aureaDie wildegeelkeur is ‘n struik, maar dit kan ook as ’n boompie gevorm word. Dit kom natuurlik voor aan die kusgebied van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, tot in Limpopo. In die natuur kan dit tot 4 meter hoog word.Die struik dra geel ertjieblomme in hangende trosse.Hulle is redelik droogtebestand, maar met meer water lyk …
Wildesalie / Saliehout
Buddleja salviifoliaWildesalie kan as ’n struik of ’n klein boom geplant word. Dit word sowat 5 meter hoog. Die plant is bladwisselend met groot trosse geurige blomme. Sommige mense noem dit die skoenlapperbos, omdat die blomme baie skoenlappers lok. Dit begin blom hier teen die einde van die winter en in die lente.Wildesalie verkies grond …
Kirstenbosch
Rooistompie
Brunia stokoei’n Inheemse, immergroen struik van die Suidwes-Kaap. Die plant word 2 meter of hoër.Die struik is gewild vir die mooi silwer blomkoppe wat later donserige rooi blomme vorm.
Suurpruim
Ximenia caffraDie suurpruim is ‘n struik of ‘n klein boompie wat natuurlik voorkom in die noorde van Suid-Afrika. Dit word omtrent 3 m hoog en het slordige, kort takkies met dorings en donker bas. Die blare is gewoonlike harerig aan die onderkant. Die blomme groei uit die blare of kom voor in trossies op die …
Stompie / Fonteinbossie
Bruniaceae nodifloraInheemse, immergroen struike in die Suidwes-Kaap, veral in die Bolandse berge. Die struik word tot 1 meter hoog.Die donsagtige bruin-pienk blomme is geurig en maak hulle verskyning na die eerste reën. Daarna vorm daar vinnig nuwe knoppe, maar dié blom eers die volgende winter. Die blommetjies bly vir meer as ‘n jaar aan die …
Wildevaalbos / Bitterblaar
Brachylaena discolor Die plant word gewoonlik as ‘n struik geplant, maar jy kan dit ook snoei in die vorm van ‘n klein boompie. Basies is dit ‘n baie groot madeliefie. Die blare is mooi blink en dit dra roomwit blomme wat in die herfs of lente verskyn – afhangende van waar jy woon.
