Calpurnia aurea
Die wildegeelkeur is ‘n struik, maar dit kan ook as ’n boompie gevorm word. Dit kom natuurlik voor aan die kusgebied van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, tot in Limpopo. In die natuur kan dit tot 4 meter hoog word.
Die struik dra geel ertjieblomme in hangende trosse.
Hulle is redelik droogtebestand, maar met meer water lyk hulle baie mooi.
(foto Serban Proches)