Three’s Company bestaan uit produksies van twee van Kaapstad se balletgeselskappe, Jazzart Dance Theatre en die Cape Dance Company.
Jazzart gaan Tracing Past 2 Future – Tsiha, deur Moeketsi Koena en Of Gods and Men, deur Kirsten Isenberg, opvoer.
CDC se stuk is Bradley Shelver se Scenes.
Three’s Company is slegs op 9 Augustus by die Kunstekaap om 14h00. Kaartjies wissel van R125 tot R200.

