Suurpruim

Ximenia caffra

Die suurpruim is ‘n struik of ‘n klein boompie wat natuurlik voorkom in die noorde van Suid-Afrika. Dit word omtrent 3 m hoog en het slordige, kort takkies met dorings en donker bas. Die blare is gewoonlike harerig aan die onderkant. Die blomme groei uit die blare of kom voor in trossies op die takke. Die blomme is groen van kleur.

Die langwerpige pruim wat dit dra is eetbaar. Die vrug is aanvanklik geel, maar verkleur oranje of skarlakenrooi as dit ryp raak. Dié pruime is baie suur.

Die naam Ximenia kom van die beroemde Spaanse monnik van die 15de eeu, Francisco Ximenes.

(foto Paul Venter)

Lewer kommentaar

Leave a Reply