Asparagus aethiopicus
Asparagus densiflorus
Asparagus aethiopicus kom natuurlik in die Wes-Kaap voor, terwyl Asparagus densiflorus en sy variasies in KwaZulu-Natal voorkom.
Dit is immergroen meerjarige plante. Nie regtig varings nie, maar die voorkoms flous mens maklik.
Hulle groei maklik in halfskadu en in volle son.
Asparagus aethiopicus is ‘n struik wat uitsprei na buite en pienkpers blomare dwarsdeur die jaar dra.
Asparagus densiflorus vorm ‘n bossie, maar die Smaragvaring / Mandjie-asparagus variasie se stingels hang na onder. Perfek vir ‘n hangmandjie.

Smaragvaring / Mandjie-asparagus
(foto Lijealso)
