Ziziphus mucronata
Die blinkblaar-wag-‘n-bietjie is ’n mediumgrootte boom wat onreëlmatig bladwisselend is. Normaalweg lyk dit soos ’n struik, maar dit kan tot 9 meter hoog raak. Dit groeie maklik van saad in enige grond, hoewel dit baie stadig groei.
Die wag-‘n-bietjie in die naam verwys na die dubbele sterk kort dorings aan die basis van elkeen van die blink blare. Dié dorings kan nogal ’n houvas op ’n mens of dier kry. Dit is vroeër jare gebruik vir krale vir buffels en ander diere – vandaar die ander name.
Die boom dra klein ronde vruggies wat nie lekker smaak nie, maar tog gewild is onder sommige mense en diere.
Die boom kom wydverspreid deur Suid-Afrika voor, maar nie in die Wes-Kaap nie.
Sommige mense beweer die boom dui die teenwoordigheid van ondergrondse water aan.
Nice blog 😉