Crassula ovata
Die plakkie is ’n groot, ronde bos, tot 2 meter hoog of selfs hoër. Dit het ’n digte loof van vlesige blare wat in rosette gedra word.
Die plakkie blom in die winter en is dan oortrek van ligpienk stervormige blommetjies. Die blomseisoen kan wissel afhangende van die klimaat van die area.
Die plakkie kom natuurlik voor in die Suidoos-Kaap en Klein-Karoo.
Dit word maklik voortgeplant deur steggies.
(foto: Frank Vincentz)