Wolharpuisbos

Euryops pectinatus’n Inheemse, immergroen struik wat in die Suidwes-Kaap voorkom.Die plant word tot 1 meter hoog. Die geel blomme verskyn in die winter en lente. Indien toestande gunstig is, is die struik oortrek met die blomme.Die wolharpuisbos hou van winterreën en grond wat goed dreineer.(foto: Seán A. O’Hara)

Humansdorp harpuisbos

Euryops spathaceus’n Inheemse, immergroen struik wat in Humansdorp en omgewing voorkom.Die plant word net sowat 1 meter hoog, maar kan wyd groei. Die blare is blougroen met geel blomme in die herfs en winter verskyn. Indien toestande gunstig is, is die struik oortrek met die blomme.Die Humansdorp harpuisbos hou van winterreën en grond wat goed …

Gifmelkbos / Jakkalskos

Euphorbia mauritanicaDie gifmelkbos is ’n doringlose lid van die Euphorbia familie wat tot 2 meter hoog kan groei. Dié veel vertakte struik se swetterjoel geel blommetjies verskyn in die lente.Die naam is nie sonder rede gifmelkbos nie. Die sap van die plant is giftig. (foto: Winfried Bruenken, geneem naby Nieuwoudtville)

Koeihoring

Euphorbia grandicornisAnders as sy naboom familie is die koeihoring ’n struik. Dis ’n vertakte doringagtige struik wat tot 2 meter hoog kan word.Die klein geel blommetjies verskyn in die somer.(foto: Jardin Majorelle de Marrakech)

Wildepynappel

Eucomis autumnalisDie wildepynappel is ’n inheemse bolplant wat wyd oor Suid-Afrika voorkom.Die plante dra regop groen, wit of geel blomare in die somer. Die blomme is dig gepak met ’n kuif loofblare bo-op. Dit lyk amper soos ’n pynappel; vandaar die naam.

Kapokbossie

Eriocephalus africanusHierdie is ’n inheemse, aromatiese, syagtige struikie met klein wit madeliefieblommetjies wat pers in die middel is. Wanneer die blommetjies verdwyn verskyn daar donsagtige wit saadhofies – vandaar die naam kapokbossie.Hierdie plantjie, wat natuurlik voorkom in die Suidwes-Kaap, aard goed in sanderige grond wat maklik dreineer.(Foto: Alexey Yakovlev)