Eriocephalus africanus
Hierdie is ’n inheemse, aromatiese, syagtige struikie met klein wit madeliefieblommetjies wat pers in die middel is. Wanneer die blommetjies verdwyn verskyn daar donsagtige wit saadhofies – vandaar die naam kapokbossie.
Hierdie plantjie, wat natuurlik voorkom in die Suidwes-Kaap, aard goed in sanderige grond wat maklik dreineer.
(Foto: Alexey Yakovlev)