Bitterghaap

Hoodia bainiiDie bitterghaap is ’n meerjarige, blaarlose, bosagtige sukkulent met lang dorings. Die blomme is tot 75 mm in deursnee en is grysgroen en pienk getint. Die blomme verskyn in Oktober.Die plant kom voor in die droë dele van Namakwaland en die karoo.(Grafika: Harriet Anne Thiselton-Dyer)

Rooisewejaartjie

Helipterum eximium Hierdie tipe struike kom net natuurlik voor in Suid-Afrika en Australië. Die papieragtige, sewejaartjieagtige madeliefieblomme word gewoonlik in die winter gedroog vir blommerangskikkings. Hulle groei maklik van saad en aard goed in arm grond wat maklik dreineer.Die rooisewejaartjie kom natuurlik voor in die Suidwes-Kaap. Die struik word tot 1 meter hoog. Dit het …

Kooigoed

(Helichrysum petiolare)’n Struikagtige, spreiende meerjarige plant wat in die suide van die Wes-kaap voorkom. Die blare is silwerwit en viltagtig. Dit dra room- of ivoorkleurige blomme wat in die somer verskyn. Die plant word sowat 1,2 meter hoog.(foto: David J. Stang)