(Helichrysum petiolare)
’n Struikagtige, spreiende meerjarige plant wat in die suide van die Wes-kaap voorkom.
Die blare is silwerwit en viltagtig. Dit dra room- of ivoorkleurige blomme wat in die somer verskyn. Die plant word sowat 1,2 meter hoog.
(foto: David J. Stang)

