Liparia splendens subs. splendensDie geelkoppie is ’n immergroen struik wat in die Suidwes-Kaap groei. Hulle dra groot, ronde blomhofies met goudgeel tot diep appelkooskleurige ertjieblomme. Die blomhofies is omsluit deur ’n groot, goudgeel skutblaar. As gevolg van die gewig van die blomkoppe buig die takpunte na onder en lyk soms vir sommige mense soos dahlias.Geelkoppies …
Kategorie Argiewe:Struike
Strandroos / Papierblom
Limonium peregrinumDie strandroos kom vooraan die kus van die Suidwes-Kaap. In Langebaan en ook in die Suidwes-Kaap, kom ’n lid van dieselfde genus voor, Limonium capense. Dit is nie so aanskoulik soos die strandroos nie en, soos ek verstaan, word dit ook papierblom genoem. Laat weet gerus indien jy weet van ’n ander naam wat …
Vuurwielspeldekussing
Leucospermum tottumDie vuurwielspeldekussing is ’n struik wat tot 1 m hoog raak en wyd sprei. Hulle natuurlike habitat is in die Suidwes-Kaap. Die pienk en rooi blomhofies is 100 mm in deursnee. Die blomme verskyn in die somer. (foto: Andrew Massyn, 2006)
Perdekop / Luisies
Leucospermum reflexumHierdie groot struik word tot 3 m hoog en kan tot 3 m wyd sprei. Hulle natuurlike habitat is in die Suidwes-Kaap.Die rooi blomhofies is 100 mm in deursnee. Die blomme verskyn vanaf die winter tot die middel van die somer.
Wilde-dagga / Duiwelstabak
Leonurus leonurus’n Algemene struik in Suid-Afrikaanse tuine wat tot 2 meter lank word. Die lang blomare verskyn in die somer. Die blomme sit in kranse op die nodusse. Die plant se skerp aroma is afkomstig van die blare.(foto geneem by die Kirstenbosch Botaniese Tuine deur Harvey Barrison)
Klipdagga
Leonotis leonitisKlipdagga is inheems in Suid-Afrika Dit word algemeen in tuine verbou en word meer as gereeld verwar met wilde-dagga. Die twee lyk baie dieselfde, maar klipdagga se blare is donkerder en die oranje blomme kleiner.
Wilde-besembos / Fluitjies
Lebeckia cytisoides’n Yl vertakte immergroen struik wat inheems is aan die droër dele van die Suidwes-Kaap en Namakwaland.Die heldergeel ertjieblomme word tot 20 mm lank en word in digte, regop trosse gedra. Hulle blom hoofsaaklik in die lente, maar die blomme kan dwarsdeur die jaar hul verskyning maak.Die plante vereis goeie dreinering.
Rooivygie
Lampranthus roseus’n Meerjarige sukkulent inheems aan die Suidwes-Kaap.Die rooivygie versprei meer sowat 1 meter en word tot 300 mm hoog.Die rooi, pienk of wit blomme verskyn in die lente.(foto: Forest & Kim Starr)
Rooi lamprantus
Lampranthus coccineus’n Meerjarige sukkulent inheems aan die Suidwes-Kaap.Die rooi lamprantus versprei meer sowat 1 meter en word tot 300 mm hoog.Die helder persrooi blomme verskyn in die lente.
Oranjevygie
Lampranthus aureus’n Meerjarige sukkulent inheems aan die Suidwes-Kaap.Die oranjevygie versprei meer as ’n meter en word tot 450 mm hoog.Die oranje blomme verskyn in die lente.foto: Derek Keats
