Limonium peregrinum
Die strandroos kom vooraan die kus van die Suidwes-Kaap. In Langebaan en ook in die Suidwes-Kaap, kom ’n lid van dieselfde genus voor, Limonium capense. Dit is nie so aanskoulik soos die strandroos nie en, soos ek verstaan, word dit ook papierblom genoem. Laat weet gerus indien jy weet van ’n ander naam wat gebruik word vir Limonium capense.
Die naam kom van die papieragtige skutblare van die blom. Die blomme is eintlik klein en kom in skakerings van diep roospienk tot ligpers. Hulle blom van die middel winter tot in die somer.
Papierblomme aard goed in rotstuine. Hulle verkies sanderige grond wat goed dreineer, maar dit moet verryk word.
Die papierblom is ’n immergroen, meerjarige struik wat tot 600 mm hoog word.