Hoodia bainii
Die bitterghaap is ’n meerjarige, blaarlose, bosagtige sukkulent met lang dorings. Die blomme is tot 75 mm in deursnee en is grysgroen en pienk getint. Die blomme verskyn in Oktober.
Die plant kom voor in die droë dele van Namakwaland en die karoo.
(Grafika: Harriet Anne Thiselton-Dyer)
