Ploegbreker

Erythrina zeyheri

Die ploegbreker het ’n uitgebreide ondergrondse stam en wortels; vandaar die naam. Hieruit groei takke met blare, wat tot ’n halwe meter hoog word. Dit dra skerp dorinkies op die stam en blare.

Die digte trosse helderrooi blomme verskyn in die laat lente. Die blare en takke sterf in die winter tot terug op die stam.

Die ploegbreker plant voort deur saad.

Die plant kom voor in die Vrystaat en verder noord in Suid-Afrika.

Lewer kommentaar

Leave a Reply