Gifmelkbos / Jakkalskos

Euphorbia mauritanica

Die gifmelkbos is ’n doringlose lid van die Euphorbia familie wat tot 2 meter hoog kan groei. Dié veel vertakte struik se swetterjoel geel blommetjies verskyn in die lente.

Die naam is nie sonder rede gifmelkbos nie. Die sap van die plant is giftig.

(foto: Winfried Bruenken, geneem naby Nieuwoudtville)

Lewer kommentaar

Leave a Reply