Erica bauera
Daar is meer as 600 heidesoorte in die Suidwes-Kaap. Die Albertiniaheide kom net voor in die Suid-Kaap.
Hierdie immergroen struike het naaldvormige blare met buisvormige pienk of wit blommetjies wat dwarsdeur die jaar gedra word.
Die plante verkies sanderige grond wat goed dreineer met ’n byvoeging van kompos – sonder kraalmis, tensy dit saam met die kompos verrot is.
(foto: John Rusk)

